Een maal om die son met Gunsteling Seisoen

Posted by admin Category: Category 1

Oor ‘n maand is ons jongste ‘n volle jaar oud , en het Gunsteling Seisoen ál vier seisoene beleef!

Ons kyk terug op ‘n baie geseënde jaar vol veranderinge – die toevoeging van ‘n toer-bussie, die skuif terug Weskaap toe… toere en vertonings – van onder in die Kaap tot bo in Tsumeb, Namibië… die kennis maak met soveel vriende wat soos familie geword het en ‘n heerlike maand van rus in Januarie.

Die tyd saam met familie en in die natuur – vir Jouba spesifiek langs die vis-waters – het ons goed gedoen en ons is reg om 2018 volstoom aan te vat met ons opkomende herfs-toer.

Ons hoop dat Gunsteling seisoen nog “lang bene” sal hê en dat vele nuwe ore nog in 2018 hul gunsteling kleure in die Kaleidoskoop sal kies.

Kom kuier gerus saam met ons by een van ons vertonings in Maart!

28 Feb – Victoria Wes
1 Mrt – Bloemfontein
(3 Mrt – Troue)
(8 Mrt – Privaat funksie)
10 Mrt – Nelspruit
14 Mrt – Hoedspruit
15 Mrt – Polokwane
16 & 17 Mrt – Centurion
22 Mrt – Potchefstroom
23 Mrt – Kemptonpark
(30 Mrt – Troue)

Meer inligting by “OPTREDES”-skakel in die MENU bo aan die blad.