Met ‘n Tempo-toekenning vir Beste Kontemporêre album asook ‘n nominasie vir beste Nuweling én Ghoema-nominasies in daardie kategorieë op die kerfstok, is Vars Uitgekerf (2012) beslis een vir jou versameling. Hul bekroonde “cover” van Zombie asook ‘n rits eie komposisies o.a. “Dagdroom Sindroom ” en “Genadereën” streel siele van oud en jonk.
Lirieke
Voor ’n spookasemblou gordyn
glimlag die son ondeund vir my.
Strale slaan warm teen my voorkop
in die moederkontinent waar ek my nessie skrop.
Moet my nie begrens, inkamp of omhein,
want wie is ek dan as my vryheid verdwyn.
Dank Vader ek’s vry
in die vaderland waar ek bly.
Ek’s ’n Afrikakind, ongetem soos die wind,
met net die son en die see wat my gemoedsrus gee.
Ek’s ’n Afrikakind, ek het my voete gevind,
daar waar my hart my lei – daar sal jy my kry.
Agter ’n spikkelswart lappieskombers
knipoog die maan om my vertroue te werf.
Oor donker Afrika Sy lig wat skyn,
meer as net ’n disprin in die hemelruim.
Dra geen gewig die eenvoud is mos lig.
Min in die gatsak, min in die goor.
Plat op die grond bly my hart gesond.
Ek’s ’n Mieliepapseun, God wat my ryklik seën,
Hy gee die son en die see wat my gemoedsrus gee.
Ek is ’n Mieliepapseun wat kaalvoet dans in die reën,
daar waar Sy hart my lei – daar sal jy my kry.
Toe ek jou vanaand groet was dit met ’n hart vol moed –
jy’t my halfpad ontmoet.
En in hierdie avontuur waar die lewe ons nou stuur,
is jy my onvervangbare passasier.
Afgestorwe stokperdjie
wat weer met nuwe lewenslus in my kom wei.
Lank vergete dormante liefde
wat weer met passie ongerep my hart kom lei.
Maar as jy saans langs my aan die slaap raak,
staan die wêreld stil en niks daarin maak meer saak.
As ek soggens met jou glimlag en jou soene wakker raak
is my dag reeds gemaak – met my lewe sal ek oor jou waak.
Gerus kan ons vertrou – ons liefde sal bly blom soos nou,
want dit is op ’n vrugbare Fondament gebou.
Van die begin af reeds besluit
om nooit aan die vyand se leuens te byt –
slegs saam te bly wandel in die Lig en Waarheid.
Vars uitgekerf in my kettiemik se steel,
is die kepe van drome wat ons tot nou saam kon deel.
En uitgegraveer in my hart se kamerdeur –
drome van môre wat in afwagting bly rus,
drome waarmee ek jou saans tot laat aan die slaap sus.
Fluister, ek luister – ‘n Stem val sag op my oor,
ek moet erken ek is aan die verloor.
Luister ek fluister: “Ek is siek en sat gerebelleer,
alleen en my hart is seer.”
Ek is opsoek na vaste inhoud vir die leemte in my bors –
smag na water wat sal les; ek bly gedurig dors.
“Vra jy? Weet jy die Waarheid maak jou vry?”
Fluister Jy alweer geduldig en saggies vir my.
Vee af jou trane My kind,
daar is geen hartseer vanaand,
nog ’n siel deur Liefde gered.
Gooi af die kettings wat jou pla,
lank reeds gebreek, lank reeds gedra –
die Liefde het nog ’n siel gered.
Voel jy en sien jy soveel nuwe kleure, soveel meer vrede.
Voel jy en sien jy onvoorwaardelike liefde –
onvoorwaardelik vir my.
My koördinate gaan bepaal of ek die genadevlug gaan haal –
kaartjie ’s gekoop, moet egter steeds as passasier daarop loop.
My posisie gaan bepaal of ek kurkdroog onder die afdak staan
of papsopnat gaan dans in genade reën wat neerslaan.
Hoe kan ek anders as getuig, elke knie sal eendag buig.
Daarom sal ek altyd sing oor dit wat lewe bring.
En bankvas sal ek staan vir die Allerhoogste Naam.
Dit was ’n sonskyndag en ek het uitgesien na jou glimlag.
Taxikaartjie – blou en groen in die sak van my baadjie
en ek dink aan jou met jou oë so groen en so blou.
Maar ek staan in die reën
en ek voel so alleen
sonder jou wat die reën weg kan hou.
Ek het so gehoop dat jy jou kaartjie nog moes koop
en ek wag … tot laat daardie nag.
As ek maar net geweet het dat jy van my vergeet het,
dan het ek daardie kaartjie teruggesit in my baadjie
en nie gestaan in die reën
“Jy is by verre beeldskoon verby,”
sê ek net voor ek alweer voor jou gly.
Maar voor ek die grond tref moet ek eers bely:
Nog nooit so geval vir ’n meisie soos jy.
Ek hakkel as ek met jou wil praat –
dit breek my elke keer, ek is semi-desperaat.
Asseblief Here Jesus, gee my die krag
om ’n punchline te bou wat vir haar sal laat lag.
Maar die kuiltjies aan die kant van jou wang
is meer as genoeg om my hart vas te vang.
En die woorde is op die punt van my tong,
maar as jy vir my glimlag dan hakkel hierdie klong.
Dagdroom-sindroom die heeldag deur,
van hoe jy in lewensgevaar bly verkeer
en ek dan jou hero, jou lewe kom red –
waarna jy my wonde met Dettol ontsmet.
I think, you think, therefore we are
perfectly compatible, bedoel vir mekaar.
Op my knieë, op my nerwe en ja, op my tyd:
“Sal jy saam my oud word? Ek sal mooi na jou kyk.”
’n Leeftyd later en ons liefde blom, maar ons dae saam raak min.
Snaaks genoeg val ek nog steeds oor my woorde
die oomblik as jy my hand in joune neem.
Maar die plooitjies aan die kant van jou wang
is meer as genoeg om my hart te laat staan.
En die woorde is op die punt van my tong –
steeds as jy vir my glimlag dan hakkel hierdie klong
Een suiker, bietjie melk met beskuit
Net nie lou – is hoe jy daarvan hou
Gunsteling tyd van my dag was koffie saam met jou
Maar waar’s jy nou
Die tyd ons pad verdeel
En al waarmee jy my hier agterlaat is die reuk van koffie oral om my heen
Ek mis die koffie saam met jou
Die reuk van koffie laat my die goeie tye saam met jou onthou
Wat sal ek nie gee, Ooo wat moet ek doen
Vir nog net een koppie koffie saam met jou
Die soet geur eers probeer vermy
Deur kwarantyn in die koshuis dit amper reggekry
Rehabilitasie het my op koers gegooi
Tot Mugg & Bean jou weer in my gedagtes in nooi, nooi.
Nou rook ek koffie in die oggend, snuif koffie in die aand
Eet koffie op my brood en drink koffie in my slaap
Want ek is verslaaf aan die kaffeïen of nee eerder verslaaf aan jou
‘n Klop aan my deur, die bekende geur
Staan jy weer met ‘n koppie koffie, jy het teruggekeer
Ek drink weer koffie saam met jou
Die reuk van koffie, die reuk van jou weer so soet soos wat ek dit onthou
Wat sal ek nie gee, Ooo wat moet ek doen
Vir ‘n leeftyd se koffie saam met jou
Spyt kom altyd te laat –
deesdae baseer ek al my besluite op hierdie wyse raad.
My hart oortuig my dit is tyd,
vandag breek ek finaal uit hierdie gemaksone uit.
Wit gestreepte growwe rug –
die pad – en bo dit net blou lug,
die vryheid lok my vreugde terug.
Met bagasie slegs van snaar,
oppad na wie weet waar my hart weer kan bedaar …
my veg- of vlughormoon skop in.
Klim uit die bed, roer jou bas,
spring deur die stort en pak jou tas –
onthou, stof jou dansskoene af.
Voeter als in die kattebak,
gryp jou gees en laat ons pak …
met goeie geselskap kyk ons waar die pad ons vat.
Om te keer dat ek perspektief verloor
luister ek graag hoe die branders fluister in my oor.
Al my persepsies van die lewe oorbelê
terwyl ek op die naat van my rug langs jou op die strand kan lê.
My prioriteite wankel graag,
soms vergeet ek ook waaroor hierdie lewe eintlik gaan.
Kan ek jou aanspreeklik hou om my te waarsku as ek vou?
Jy sal sien ek het ontspoor as ek my lewenslus verloor.
Vanoggend het die son ontwaak
Het dit jou dag reeds gemaak?
Verskansels, verslons jou werklikheid
breek daarvan uit!
Lopend deur die vroeë mis
Soenend, kussend, vreemd en vars
Daar’s mis voor jou oë man
Waarvoor bly jy dan so bang?
Verwag die dag
Maak dit alles, gryp die uur,
want dit, duur net ‘n paar minute,
Sekondes van jou lewe hier,
die nanotyd tik verby, verby, verby, verby
en more is dalk net jou laaste uur
Die lewe het soveel grou en grys
Bring kleur, kleur in jou tuis
Maak tyd vir daardie ekstra soen
en rek,rek dit uit!
Maak die week, jou naweek
Maak elke keer jou eerste
Jy’s die een vir iemand
en iemand vir jou
Geniet die reën op jou vel
Onthou om jou storie te vertel
Kry iemand om mee te deel
En doen dit alles te veel.