Hoekom Kaleidoskoop?

‘n Kaleidoskoop is ‘n outydse speelding wat mooi patrone en kleure maak sodra jy dit op ‘n ligbron rig en daardeur kyk. Ons vind inspirasie deur ons oë op Jesus – óns ligbron – te rig. Só hoop ons om ons positiewe, kleurvolle uitkyk op die lewe, liefde en menswees in ons musiek en lirieke te weerspieël – ‘n broodnodige boodskap van hoop.