Bonnievale – Janeza Plaasteater – Album Launch
May 24, 2017
7:00 pm
Bonnievale
Janeza Plaasteater
Google Map Location

Kaleidoskoop kom stel hul splinternuwe album ‘Gunsteling Seisoen’ in Bonnievale bekend by die pragtige Janeza plaasteater!

Janeza Plaasteater
Woensdag 24 Mei 2017
R150 Volwas / R100 Kinders
18:30 vir 19:00
Tafels van 4 of meer
Bring eie ‘platter’
Kontantkroeg beskikbaar – GEEN eie drank
Kaartjies by eza@janeza.co.za / 082 978 7020

PADAANWYSINGS NA JANEZA

Vanaf rigting van Kaapstad / Worcester:

By Robertson, hou reguit aan in Voortrekkerstraat – die straat wat langs die dorp verbyloop.
By sirkel, draai regs na Bonnievale.
Ry oor treinspoor

Ry +13 km aan op hierdie pad, verby plase.
Ry verby Van Loveren aan regterkant
Omtrent 200m na De Wetshof draai regs.
Die bordjie sê R317 Stormsvlei (moenie hierdie afdraai mis nie!)

Ry oor rooi staalbrug
Ry +9 km aan op hierdie pad tot by die eerste kelder aan regterkant (Langverwacht Koöperatiewe Kelder).
Net verby Langverwacht Kelder is Klippilare aan regterkant met vlae – JANEZA
As jy Boesmansrivierbordjie sien, is jy net verby, en as jy by Bonnievale Kelder kom, is jy VéRVERBY!
Ry oor damwal en stop by keldergebou met klippilare

Eza
Sel. 0829787020

Vanaf N2:

Hou aan met N2, verby Swellendam wat aan jou regterkant lê. Tussen Riviersonderend en Swellendam draai af na Stormsvlei (vanaf Kaapstad is dit links af net na die Bredasdorp afdraai) Bordjie sê Stormsvlei/Bonnievale/R317

Ry deur die kloof
Entjie voor Parmalat, by Bonnievale Kelder aan regterkant, draai links by bordjie wat sê Robertson R317
Ry +8km aan
Ry verby Mc Gregor afdraai en dan verby Boesmansrivierbordjie aan linkerkant.
Onmiddellik na Boesmansrivierbordjie lê Janeza aan linkerkant Draai in by klippilare met vlae, ry oor damwal tot voor keldergebou met klippilare
As jy by Langverwacht Wynkelder kom, is jy net verby.