Dankie vir al die gasvryheid!

Posted by admin Category: Category 1

Ons met ons grys, double cab Isuzu en ‘n lekker Mercedes Vito bussie vol vrinne het die Desember ‘n kus toertjie aangepak. Moet sê dit was sekerlik ons lekkerste toer tot op hede, vakansiegangers het mos gees! Wil sommer net van die geleentheid gebruik maak om al die mense wat ons op ons toere so hartlik ontvang en bederf te bedank. ‘n Bord warm kos, ‘n sagte bed en goeie geselsskap beteken baie vir ons op die pad, DANKIE julle!! Hou ons kiekies dop vir ‘n paar gees oomblikke wat vasgevang is. Ons is nou weer aan die bande pomp – Maandag vertrek ons weer Gauteng toe, moet sê ons raak nou lief vir die Noorde van die land en sy mense, sien uit!! Vrede

Leave a Reply