DANKIE ouboet Tienie!

Posted by admin Category: Category 1

Ons webtuiste is deur my (Jouba) se ouer broer, Tienie Jordaan, ontwerp en aanmekaar getimmer. My broer is ‘n rekenaar programmeerder en ‘n flippen masjien met enige rekenaar of eletroniese apparaat, van kleins af het hy my gat geskop in die veld! Finansieël is Kaleidoskoop nog aan die platsak kant en ons moes mooi beplan met die bou van ons webtuiste. My broer het egter sonder om te aarsel gesê hy sal dit vir ons doen en daar is nie ‘n manier ons betaal hom nie, hy doen dit met liefde. Tot vandag toe nog moet hy gedurig in sy vrye tyd aan ons webtuiste skaaf en regstellings maak. Hy is getroud en ‘n man wie se vrye tyd nie uit die lug val nie. So Tienie, ouboet, vrek baie dankie vir al jou tyd en moeite, ek wens ek kon vir jou ‘n vet rol note in die hand stop sodat ek beter kon voel en jy kon kry wat jy verdien! Indien ons nog oor ‘n paar jaar steeds platsak is sal ek maar begin afbetaal deur jou kinders (waarvan daar nog nie sprake is nie) se doeke om te ruil…of iets in daai belaglike rigting! 😉 Dankie BAIE, ons waardeer dit opreg, we salute you!!

Leave a Reply