Ons nuwe kieker baba

Posted by admin Category: Category 1

Om deesdae aandag na iets op die internet te trek raak al hoe moeiliker. As jou opskrif nie die woorde “what happened next …” in het nie, of as die foto wat jy gebruik nie die leser in ‘n agie verander nie,  gaan jy sukkel  om die muis se “klik” op jóú skakel te laat val.

Kaleidoskoop is bevoorreg om darem so bietjie met woorde te kan speel, maar wat foto’s aanbetref moes die ou mik-en-druk en ‘n selfoon-kamera nog altyd die joppie doen…. tot  2 weke terug.

Soos ‘n nuwe baba het ons ‘n Canon 70D in die Kaleidoskoop familie verwelkom. Onkundig. Senuweeagtig oor wat die uitstappie gaan kos, maar opgewonde oor wat ons geweet het die ontelbare waarde van so ‘n “baba” is…

Soos ons voorheen belowe het, wil ons julle deel maak van die reis na die bekendstelling van ons nuwe album. So, wanneer daar visgevang word met sonsopkoms by die plek waar ons liedjies skryf, wil ons daardie visvang vasvang!  Hulle sê ‘n foto vertel  ‘n storie van ‘n duisend woorde, maar so vertel die gesig van iemand wat die “baba” se” memory card” soos ‘n ekstra doek by die huis vergeet het ook ‘n storie…

Die woede en selfverwyt is onbeskryflik… maar dan besef mens  – môre kom die son seker weer op?!

Leave a Reply