‘n Ding of twee Pasella

Posted by admin Category: Category 1

In vandag se tyd is daar regtig min dinge wat nog heeltemal  verniet is. Ons betaal soms vir dinge wat, as jy logies daaraan dink, verniet behoort te wees. Dinge soos veilige parkering of die gebruik van ‘n badkamer by ‘n vulstasie. Hierdie is nou nie twee van ons gunsteling uitgawes nie, maar al voel dit nie reg om daarvoor te moet opdok nie, is laasgenoemde veral ‘n noodsaaklikheid.

Daarom was die oproep en uitnodiging om verníét in Villiersdorp te kom watersport doen, in ruil vir ‘n liedjie of twee, ‘n aangename verrassing! Daarby was twee aande se grátis verblyf by die Lakelodge asook ‘n heerlike mahala driegang maaltyd die kersie op die gebakte kaaskoek… met suurroom ganache en tuisgemaakte roomys.

Om alles te kroon kry ons ná ete toe ook die mooiste tafelruiker van proteas en rose… pasella!

Moenie Vrydag 3 Junie se episode van Pasella om 19:30 op SABC 2 misloop nie!

Ons deel ‘n voorsmakie van ‘n nuwe liedjie, Jouba wys sy staal en Anique klim bietjie saam met Mishka Patel uit haar “comfort zone”.

Leave a Reply