Kaleidoskoop Kaleidoskoop
Menu

Gunsteling Seisoen

Release Date: March 24, 2017
Available now on:
Loading tracks...

Kaleidoskoop se nuutste album is weereens deurtrek met dié groep se unieke akoestiese klank. Gunsteling Seisoen het in 2018 weggestap met ‘n gesogte Ghoema-toekenning in die kategorie “Beste album deur groep of Duo” waar hulle meegeding het teen Die Heuwels Fantasties, Anders, CH2 en Saarkie wat elk wenners in hul eie genre-kategorieë was. Met opgewekte snitte en siel-volle ballades bied Gunsteling seisoen ‘n dieper kykie in die verskillende seisoene van die lewe. Die weldeurdenkte lirieke weerspieël die vreugdes van die lewe, maar die onvermydelike hartseer elemente word ook met hoop en positiwiteit benader. Daar is vier verskillende omslae beskikbaar vir dié album – dus kan aanhangers hul eie Gunsteling seisoen kies. Hulle spog op hierdie album met groot name wat die album help inkleur het o.a. Schalk van der Merwe, Henry Steel, Matthys Maree, Shaun Johannes en Gideon Botes.

Lirieke

Vlugvoetig

Tussen jou glimlag en hare papsopnat, het my oe joune ontmoet

Jyt styf onder my sambreel ingekruip, ook in my hart wat ek moes groet

Ek sal die koue reen met een hand aanvat net vir jou solank jy die ander een vashou

 

 

Vlugvoetig trippel jy deur die kamers van my hart en dis diep voetspore wat jy agterlaat

En voor ek jou kon keer dwaal jy in my gedagtes rond

Jou huis is waar jou hart is mag jou hart tuis voel hier by my

 

Al die stukkies wat ek is het jy in jou somerstrooihoed versamel

Gerangskik en vir my terug gegee, als in die perfekte orde

Ek sal die wereld met een hand aanvat net vir jou solank jy die ander een vashou

 

Vlugvoetig trippel jy deur die kamers van my hart en dis diep voetspore wat jy agterlaat

En voor ek jou kon keer dwaal jy in my gedagtes rond

Jou huis is waar jou hart is mag jou hart tuis voel hier by my

 

Saans onder die sterrenag as die maanlig oor jou val

Kan ek nie veel anders as om in jou twee oe te verdwaal

Verdwaal…

 

Vlugvoetig trippel jy deur die kamers van my hart en dis diep voetspore wat jy agterlaat

En voor ek jou kon keer dwaal jy in my gedagtes rond

Jou huis is waar jou hart is

Gunsteling Seisoen

Opwindende huppelstap saam jou

Huppel trippel op die wandelpad soos die lewe ontvou

‘n Blommekrans om jou donkerkop gevou

Jou glimlag bederf as ek jou hand styf in myne hou

In die somer jou gevind, jy is my sonskyn blommekind

 

Draai en swaai jy skaterlag so mooi

Terwyl ons dans in die blarereën wat herfsbome saggies oor ons strooi

In jou rein en warm oë, jou donkerbruin oë

Het ek my hart verloor – in die bruin herfs van jou oë

Die blare kleur nou rooi jy is my donker herfsnooi

 

Soos die tyd, gaan seisoene kom en gaan

Deur dit als sal ons hand aan hand bly staan

Somer is huppelloos en die herfs se blaredans is siel-alleen

Sonder jou my lenteblom

 

Wintermaande en die bibberkoud is hier

Styf opgekrul in my arms, snoesig voor die kaggelvuur

Reën wat kletter teen die ruit, vroeg soggend tot saans

Kaggevuur se gloed wat speels in jou oë dans

Voor ek nalaat om te sê – jy is my winters-vreugdevuur

 

Lente blom en so ook my liefde vir jou

Kop teen kop, plat op ons rûe – jou hand wat myne klou

Staar ons saam na wolke wat in prentjies ontvou

As ek ooit getwyfel het, dan weet ek nou

Al is lente ook hoe groen – jy is my gunsteling seisoen.

 

Soos die tyd gaan seisoene kom en gaan

Deur dit als sal ons hand aan hand bly staan

Winter is koud en die lentekleure is vaal en leeg

Lentekleure is vaal en leeg

Sonder jou my lenteblom

Jy Langs my

Bosbries deur my hare en die Son Sy warm arms om my vou

Ligstrale deur digte takke praat soveel mooi stories van Jou

Jou beloftes op my lippe en Jou hart se Waarheid diep in my gegrond

Stap ek deur die wildernis met vrede want Jy maak my hart gesond

 

Jy langs my wat fluister hoe my pad sal kronkel stap

Jy langs my in die duister

Jy het reeds my hand gevat

 

Sag gebreide bokvel om my voete en ‘n sool van Kamfer bas

Berei vir my ‘n voetpad met ‘n eindbestemming wat by my sal pas

Jy voed my met jou Woorde My Brood vir elke dag kom uit Jou hand

‘n Tafel voorberei in die woestyn en Water vloei deur droë sand

 

Jy langs my wat fluister hoe my pad sal kronkel stap

Jy langs my in die duister

Jy het reeds my hand gevat

Jy het reeds my hand gevat

 

Nou loop ek getrou hier langsaan Jou

Na onbekende lank beloofte land

My oë stip op Joune gerig

Want net Jy weet wat wag aan die ander kant

 

Jy langs my wat fluister hoe my pad sal kronkel stap

Jy langs my in die duister

Jy het reeds my hand gevat

Jy langs my wat fluister hoe my pad sal kronkel stap

Jy langs my in die duister

Jy het reeds my hand gevat

Jy het reeds my hand gevat

Jy het reeds my hand gevat

Die goeie

Stom verslae staan jy, beide arms morsaf baklei

Hartseer trane wat vloei

My hart breek vir jou, wie verstaan die lewe se uitklophou

Wie sal hieruit kan sinmaak

 

Die lewenspad is soms steil, soms alleen

Probeer ons breek een vir een

En ons oorweeg om terug te draai

Maar dan skep ons moed deur ons oë weer te rig op die mooiste uitsig

Van ‘n sonopkoms wat teen die eindpunt wag

 

Hou jou oe op die goeie, hou jou oe op die mooi

En word getransformeer deur jou gedagtes te vernuwe

Handel in wat rein is, bly kleef aan die mooi

En word getransformeer deur dit wat die Waarheid jou leer

 

Wil nie hoor dat ons land vergaan, ek wil glo dat ons steeds kan opstaan

Dat elke mens iets goeds in sy hart saamdra

Bid dat hoop in jou oe op sal dam, liefde weer in jou hart sal opvlam

Smeek om genesing, Suid-Afrika

‘n Bitter hart sal jou wurg aan die keel, sal jou vreugde steel

Jou lewensjare verdeel

Maar deur te vergeef laat jy ‘n gevangene vry

Net om later te besef die gevangene was jy

 

Mag die vuur van hoop so onblusbaar in jou brandend bly

En die vlamme onbeheersd soos ‘n veldbrand rondom jou versprei

Die donker nagte rondom jou verlig en helder bly

 

Stom verslae staan jy, wie verstaan die lewe se uitklophou

Wie sal hieruit kan sinmaak

Sommerreen

 

Vers 1

C                                F                       C    F                                      C                   G

Douvoordag , jy nog aan die oe uitvee, tussendeur wilde hare glimlag jy verlee

C                       G          F                        C             F                                                                              

Alhoewel die son nog sluimer agter die berg se voet, het die dag reeds gebreek die

C                         G             F

oomblik toe jou oe my groet

                             C                     G                 F                                 C                 G

O lewenslus lei jou deur die vroee oggenddou en avontuur volg kort op jou spoor

 

Chorus1

C               G                          F                         C

Mag die sommerreen jou volg daar waar jy gaan

F                                                   C             G

Die see se blou koel branders teen jou voete vasslaan

C               G                 F                       C

Mag jou drome in werklikheid ontbind

F                                                 C                           G                 C

En waar die wind jou ookal waai, mag jy my liefde daar vind

C G F C   C G F C

Oeee oeeee

 

Vers 2

 

Die son sit laag en strooi sy sagte skemerlig, tussendeur skrefiesoe staar ons die verte in

Die hier en nou vir ‘n oomblik in ewigheid verbloem terwyl ek oorleun en jou saggies op jou voorkop soen

O lewenslus lei jou die koue naglug in en avontuur volg kort op jou spoor

 

Chorus 2

Mag die sommerreen jou volg daar waar jy gaan

Die see se blou koel branders teen jou voete vasslaan

Mag jou drome in werklikheid ontbind

En waar die wind jou ookal waai, mag jy my liefde daar vind

 

Oeee oeeee

 

Bridge

F                           G                                   C                             F

Jou vingerafdrukke rus helder op die dag wat ons agterlaat

F                                  G                                       C

En more wag nog ‘n dag van lewe saam met jou

F C

oeeee

Erfgenaam

 

Ek moet weer met my hart terug na die skryfbord keer

Herbesin oor hoe ek my liefde roekeloos spandeer

My hart weer plaas in die palm van die Een wat lewe gee

Hom weer toelaat om met liefde al my wonde toe te smee

 

Versigtig wees om nie die liefdesdroom te vêr vooruit te stuur

Nie onnodiglik gevoelens in my hart aan te vuur

Bowenal, beskerm jou brose hart vir lewe en dood

Daaruit vloei fonteine, daaruit spruit die lewe voort

 

Erfgenaam jou nalatenskap oorbrug die seer wat hierdie wêreld jou kan gee

Alles werk ten goede vir jou mee

 

Jy sê tyd genees nie , maar gesing vat wel tyd

Die Hande wat die letsels dra vee die wonde uit

Die voete met merke vol ervaring van seer

Lei my op ‘n voetpad wat die deurbraak gee

 

In ‘n donker skaduwee is Jy ‘n lamp vir my voete

Die vlam wat Jy my bied verlig my roete

Die sonopkoms verklap net een ry voetspore

Jy’t my deur die nag gedra

 

Ek wat weer met my hart terug van die skryfbord keer

Weer besluit my liefde roekeloos te spandeer

Wegbreek

Agter slot en grendel vasgevang

Deur die tralies van die stad bly ek na jou verlang

Daar is ‘n kronkelpad waarna my hart so smag

Hierdie stofpad kronkel deur die platteland se prag

Stap ek kaalvoet deur die ongerepte land

Wees my mede-reisgenoot, kom vat my hand

 

Sodra die son se strale deur die wolke breek

Word die gedoofde kers in my hart weer aangesteek

Soos die berge oprol om die see vir my te bring

Kan ek voel hoe die vrede my hart weer binnedring

 

Geroeste doringdraad deel ervare raad

Jy span jou liefde en jou hart bly vry van haat

Windpomp se kreun wat sy wysheid kom verleen

Draai van vreugde in die droogte en die reën

Stap ek kaalvoet deur die ongerepte land

Wees my mede-reisgenoot, kom vat my hand

 

Sodra my kaal voete teen die seesand slaan

Met net die wind wat deur my hare dans

Laatmiddag son wat warm aan my vel kom kleef

Voel ek weer ek leef

 

Voel ek die vrede my hart weer binnedring

Soms wonder jy

 

Altyd nederig in hoe jy reageer

As iemand jou met komplimente bombardeer

Jy bloos skaam terwyl jy met jou hare speel

In die wêreld se oë ‘n swakheid

Maar dis juis hoe jy my hart steel

 

Altyd vrygewig tevrede met min

Dis net die mooi wat jy vir mense om jou gun

Die klein dinge van die lewe is waarvan jy hou

Daar’s soveel mooi in eenvoud en daar’s soveel mooi in jou

 

Soms wonder jy of jy jouself moet verander

In die een wat jy dink ek nog meer lief sal hê

Ek kyk jou stip in die oë ─ maak jou belowe dat jy nooit ooit sal nie

Niks van jou wat ek wil verander nie

Behalwe dat jy dink jy moet

 

Altyd ‘n glimlag in die hoeke van jou mond

Vol vreugde dans jy die hele wêreld rond

Jou voete nooit stil as daar musiek begin speel

Na vrolikheid kom olikheid

Jy die uitsondering op dié reël

Mooiste Tyd

 

Soos die trane oor jou wange stroom

Besef ek dis die einde van ons mooie droom

Hartsverskeurend die geruk van jou snikke

Breek my hart, breek my hart in ‘n duisend stukke

 

O, dit was die mooiste tyd saam met jou

O, sal jy die mooi van my onthou

 

Ek kom vir oulaas om vergifnis vra

Vir die dinge wat jy onnodig nou saam met jou moet dra

Ek spreek jou vry en weet dis nie te laat

Ek besef dat ek nou ‘n leemte agterlaat

 

O, dit was die mooiste tyd saam met jou

O, sal jy die mooi van my onthou

 

Uit stof het ons ontstan en in stof sal ons vergaan

Al wat ons agterlaat is spore van ons bestaan

Maak seker jou spoor is aangenaam

 

O, dit was die mooiste tyd saam met jou

O, sal jy die mooi van my onthou

 

Soos die trane oor jou wange stroom

Besef ek dis die eind, tog die begin van ‘n nuwe droom

Dromer

 

As ek al my vele liefdes-lirieke wat uit my hart uit bloei

Ongerep kon laat swerwe tot die dag wat jou liefde oor my vloei

As al my woorde alleenlik net oor jou kon spoel, sou dit wees soos wat dit moes

Want my woorde is net vir jou bedoel

 

Tot die dag kom wat ek jou in my arms styf vashou

Bespreek ek nou reeds in my drome ‘n oop sitplek net vir jou

En aan my hart hang reeds ‘n swaai om al jou bagasie oor te laai

Hoewel ek nie weet of ek jou reeds ken nie, is ek dolverlief op jou

 

As ek al ons spore tot nou getrap, langs mekaar in die sand kon lap

Sou ons al ons stories soos padkos deel

Terwyl ons hand aan hand in die stofpad speel

En sou die palm van jou hand perfek in myne pas

Want my hand is gemaak om joune saam met my te dra

 

Ek besef dit doen nie goed om in drome te bly dwaal nie

En sodoende te vergeet om te leef

Voel jy ook soms dis beter om so saam die weg te baan in ‘n droom

As om te leef in werklikheid hier sonder jou

Sonder jou

Fakkels

C

In donker aande luister jy


In stilte wens jy die nag verby

F                                            C

Bang dat môre se dag nie breek nie

 

Struikel jy oor elke rots

 

Wat voor jou staan

 

Waarteen jy bots

F                              C

Asof jy die Lig nie ken nie

 

 

G                   F                    C

Vroegdag se onweer begin opsteek

F                                                    G

En ek wag vir jou soos vir stormreën

F                           C                   G                  amin

Sal jou fakkels brand tot die daglig voor jou deur staan

F                    C                G

En klop met goeie hoop in die hand?

F                        C               G                        amin
Sal jy aanhou loop as jou oë lag, maar jou hart huil?

F                                  C      G

Geval maar op jou voete geland

 

 

C

Kry my op die hoogste krans

 

Dan wys ek jou hoe die sterre dans

F                              C

Vanaand bring dit jou tot stilstand

 

Vrees het sy geheim verloor

 

Uitgelap aan elke oor

        F                                      C
Sal jy oor die afgrond begin uitkyk?

 

 

G                   F                    C

Vroegdag se onweer begin opsteek

F                                                    G

En ek wag vir jou soos vir stormreën

F                           C                   G                  amin

Sal jou fakkels brand tot die daglig voor jou deur staan

F                    C                G

En klop met goeie hoop in die hand?

F                        C               G                        amin
Sal jy aanhou loop as jou oë lag, maar jou hart huil?

F                                  C      G

Geval maar op jou voete geland

 

 

 

F                                  C

As die son se lig die dag verlaat

                               amin                                   G
En stadig oor die afgrond se hange begin opklim

                     F                                   C

As daar duisend skadu’s dreigend val

                                        amin                                    G
Wat oor jou voorstoep vee en dit donker agterlaat

 

 

F                           C                   G                  amin

Sal jou fakkels brand tot die daglig voor jou deur staan

F                    C                G

En klop met goeie hoop in die hand?

F                        C               G                        amin
Sal jy aanhou loop as jou oë lag, maar jou hart huil?

F                                  C      G

Geval maar op jou voete geland