Kaleidoskoop Kaleidoskoop
Menu

Platsak

Release Date: February 14, 2010
Available now on:
Loading tracks...

Kaleidoskoop se eerste album (2010) laat jou met nuwe oë na die lewe, liefde en menswees kyk. Met snitte soos. “Moedersmelk” en “Jou hart in my” is hierdie een perfek vir daardie rooiwyn- en kaggelvuur-aande.

Lirieke

Nog ‘n reendag op die Bos en my gedagtes draai terug

Na die dag wat ek sak en pak hier aangeland het.

Windverwaaid, swerweling my voete moes vind

Af die platteland na ‘n Stellenbosch kind.

Daars een ding wat jy moet verstaan-

niks so soet soos ‘n soen in die Laan

 

My huis is waar my hart is en my hart is hier by jou

Veilig in die Laan begrawe onder ‘n blare-kombers toegevou.

 

Hier het ek leer lag, hier het ek leer leef, geleer wat ‘n vriend is..wat dit beteken om een te wees.

 Hier moes ek leer Engels praat al het ek dit eers gehaat…maar bowenal Stellenbosch – dankie vir my ruggraat.

 

Van niks en nerens tot ‘n gewikkel en woel

Hiper-aktiewe skedule jy weet presies wat ek bedoel

Gee my daar ‘n sluk van jou ritalin kind

My voete’s ver vooruit en ek wil nog graag my kursus vind

Sandkorrels in my kitaarkis herinner my aan die goeie tye vol gees

Skoenlappers wat verwilderd in my maag rondbeweeg

verklap my gevoel vir jou ek wil steeds by jou wees

 

As ek eendag finaal my kop neerlê wil ek verseker se: ek het gelewe!

Volg jy net die voetpad deur borde aangedui

of trap jy jou eie spore waar jou hart jou lei?

lewe jy jou drome, is jy vry?

Sal jy kan terugkyk en se eendag –

die lewe was vir my?!

 

Saam met wysheid kom die grysheid en daarmee saam die spyt

van drome nie geleef nie, geleenthede verwyt

Bang Jan jou dooie man – by jou kon ek niks leer

ek sterf liewer op my voete as om te lewe op my knieë

Jou hart wil ek nooit breek nie

Jou glimlag nooit vergeet nie

My lewe in twee verdeel

Jy’t my hart kom steel

 

En al wat ek in ruil vir my hart vra

Is dat jy weer die leemte in my sal vul

deur ook jou hart in my te dra

 

Want saam stap ons ’n pad

Met jou hart in my en myne in jou

kan ons die lewensstrome saam aanvat

sonder dat dit jou ooit moet pla

meisie laat my toe om jou hart in my te dra

 

Met jou hart wat warm in my klop

My met jou wese bly verstop

Kan die hele wêreld maar vergaan

Want dis net jy wat in my oë bestaan

 

Weet dat as jou hart hier in my klop

Is dit jou bloed wat deur my stroom

en by my kan jy net wees

Sonder enige vrees

Ek like jou stukkend en jy’s gek oor my,

jy sê dis tyd dat die ding rigting kry

Geruime tyd wat jy al na my vry,

maar die finansies wat jou hol-rug ry…

Eendag as ek al my studies afbetaal koop ek vir jou die maan,

maar vir tyd en wyl sal jy nog ‘n rukkie by my bly – vir ’n appel en ‘n ei?

 

Want ek is platsak en my tjor is oud en koud,

maar my liefde vir jou brand warmer as die son

en ek kan jou nie die wêreld se goud beloof nie,

maar my liefde vir jou is genuine…

 

Jou Colgate- , jou -smile, jou ge-’tande’ vel,

jou warm liefde wat my hardklop laat versnel

was die liefde maar net geld werd –

dan kon ek jou bederf soos in ’n sprokies konsert…

Die groot wedren teen tyd maak die mens bang

Want dis die dood wat die tik van die wyser vervang

Klein knippie tyd as geskenk aan ons gegee

Hoe lewe jy daarmee

 

Nuttelose gejaag teen tyd

Want eendag leef ons almal saam in die ewigheid

 

Lewe jy jou hede as ‘n refleksie van jou verlede

Of is jy een van die min wat die tyd oorwin deur bladwisselend te lewe

Die lewe skuld jou niks en dis al wat jy daarvan maak

So hoe gaan jy vandag jou blare dra

 

Wel makliker gese as gedaan

Maar wat gebeur het, het gebeur – dit is tyd om op te staan

Gooi af jou bagasie, kyk vorentoe

En lewe vir vandag

Ek en jy wou ‘n liedjie skryf wat rym,

maar die woorde bly verby gly.

Ek en jy het die reënboog-spoor gesny,

nie geweet wat ons sou kry.

                                

Jy aan die eindpunt van die kleur-lint: Jesus se oogappel-kind.

Bedrieg my oë my, staar ek my blind?

 

Daarom sing ek vannaand vir jou, ek wil weet of jy van my hou,

want ek dink, ek dink ek hou van jou.

 

Ek en jy, het saam baklei teen als wat hierdie mooi wêreld ry,

deur die swaar tye saamgely.

Ek en jy het die sterre getel wat in die maanlig gly,

ons wense gemaak sy-aan-sy.

Inleiding

C amin F G   x2

C F G amin G x2

 

Verse

       C                   F                       G                     a min         G

Op ‘n bruin naalde kussing onder denneboom kombers

C                 F                     G              a min             G

lag speel sy daagliks in die lig van Sy kers

C                         F                   G                 a min       G

‘n speelwoud vol feetjies en kabouters wat lag

C                         F             G

‘n vol maan verhelder die donkerste nag

 

Chorus

C                 F                                       G

Hartseer en blydskap kon ek met jou deel

                                                 C

Meisiekind jyt my vertroue gesteel

     F                         G

Van uit die maag lag kon ek jou jou niks vertel

 

gunsteling mens ‘n lewenslange pel

 

Tussenspel #1

C a min F G x2

 

Tussenspel #2

C F G F x4

 

Bridge

a min                   G

Bly verder as die maan

               F                                               G     amin

Om jou rein te hou weg te hou van die aardse knou

                               G

Bly verder as die maan

           F                                  

Om jou rein te hou weg te hou van die duiwel se klou

Ek sien jou kom en ek sien jou gaan…

spraakloos weer met ‘n mond vol tande bly staan.

Ek het probeer kan nie sê ek het nie my man gestaan…

net getwyfel of ’n engel my taal sou verstaan

 

En wie sou ooit kon dink wat die tyd ons sou leer,

iets is aan die gebeur –

want die manier wat jy na my kyk…

 

Sal jy lag, sal jy opreg glimlag

en sal jy, sal jy geniune by my wil bly.

Want ek wil jou net gelukkig sien…solank jy altyd onthou –

my laaste Rolo’s net vir jou

 

‘n Kyk in jou oë en die wereld om my stop –

ek dink jy sou verstaan as jy my hart kon hoor klop,

maar hoe dan nou anders as die cupids jou pak..

jou met ’n pyl deur die hart op jou knieë laat sak

 

En jy lag…met ‘n opregte glimlag

en jy, jy wil genuine by my kom bly.

En in die grootste vreugde leef ons saam…

solank ek altyd onthou –

my laaste Rolo’s net vir jou.

In ‘n wêreld van vandag

Met soveel vrae, soveel antwoorde, maar so min oplossings

Is die wêreld waar ek my bevind

Soekend in my weer na die verlore kind

 

En ek kon dit nog altyd aanvoel

Ons is vir soveel meer bedoel

 

Voel jy ook die leemte in jou wat roep wat smag

na soveel meer as wat ons leer

Iemand soveel groter, Iets soveel meer

As wat hierdie wêreld ooit kan begeer.

 

Nog ‘n dag, nog ‘n vrag, waar verkry jy jou krag

Waarin vind jy jou vrede

Versadig deur jou gebede

Of skarrel, soekend deur ons aardse strewe

 

‘n Doelgerigte leemte in jou en my

Onvervulbaar met dit van aardse klei

‘n doelgerigte leemte geplaas in jou en my

As doel om ons te lei na dit wat bevry

In vaal London my bevind, ek is Ma se kind

Ek wil huistoe

Die pond is sterk, die Rand is swak

Maar waar voel jy meer op jou gemak?

 

Ek mis Ma se kos

Ek mis Stellenbosch

Ek mis my vriende, ja selfs ons bediende

Ek mis die son en ek mis die see

Ek mis ‘n nooi wat nog ‘n ‘bat’ kan gee

 

Daar is hoop vir my land

Daar is hoop vir my taal

Daar is hoop vir my mense

Daar’s hoop vir almal

Die hoop is ek en jy

Sal jy lewe, sal jy sterwe vir jou….my moedersmelk

 

Nostalgie het my aan die keel beet

Ek verlang

Besef ons wat ons het, genade van bo

Of moet ons dit eers verloor