Wegbreek

WEGBREEK is die eerste enkelsnitvrystelling vanaf die nuwe album, Gunsteling Seisoen, wat in Maart 2017 uitgereik word. Hierdie album is ’n viering van die groep se suksesvolle dekade in die musiekbedryf. Die video is deur die loop van 2016 verfilm. Jouba en Anique moes die meeste van die beeldmateriaal self opneem in die tyd waarin hulle aan die nuwe album geskryf het.

“Die titel van die liedjie spreek vanself. Dit gaan oor die neiging wat almal het om nou en dan weg te breek uit die stad of dorp om uit te span by die see of met ’n grondpad êrens perspektief, eenvoud en ook vrede te gaan vind.

Ons het gevoel die kykers wil dalk meer weet van hoe die skryf- en opneemproses van ’n album lyk. Die grootste gedeelte van die video gaan oor hoe ons WEGBREEK om te gaan skryf, asook wat ons inspireer (die natuur). Die einde van die video wys dat die ‘sending’ waarop ons was eers voltooi is wanneer iemand die CD koop, die musiek geniet en inspirasie daaruit put”