Om te begin vertel

Posted by admin Category: Category 1

Om vir die eerste keer in 5 jaar iets op ons “blog” te laai  voel amper skandelik…

Met soveel stories wat ons jou skuld, weet ons nie eers mooi waar om te begin nie. In elke optrede van elke toer, elke opname van elke album en elke mens wat ons in die afgelope 7 jaar ontmoet het, (10 jaar vir die wat Kaleidoskoop se storie van die heel begin af ken) is daar stories verskuil wat ons onthou en kan vertel. Inspirerende stories, hartseer stories, snaakse stories, en stories wat so ‘n groot impak op ons gemaak het, dat dit nie anders kon as om in die  lirieke van ons liedjies op te eindig nie.
Ons hoop – en is opgewonde – om ‘n paar van hierdie oomblike meer gereeld met jou te deel in die oploop tot die vrystelling van ons nuwe album!
Welkom in ons huise. Welkom op ons verhoog. Welkom in die Isuzu waarmee ons toer. Ons hoop jy geniet die kykie deur ons Kaleidoskoop.

Leave a Reply